Soos n ou horlosie tik-tak teen die muur In die stilte van my somber huis Verloor ek in elke minuut by jou n uur Voel ek my oe breek in hierdie kluis Van skarlaken Uit die rooi riviere van my lief-verblinde oe Drup die sout van die aarde uit my brein En ten spyte van my vloek en my vertoe Voel ek my waterwese wegsyfer In die sand van kennis En ek dink En die goed en die sleg is opgeweeg teen mekaar En raai-raai, die sleg weeg gans te swaar Uit die mond van die hoorder kom nie n enk'le klank En ek walg in hierdie stank In die braak van my wraak En bevooroordeeld is die naam van profesie Goudglim liefde staan laggend op uit die see En ek weet, ek weet want ek's geleer: N toe hand kan niks ontvang nie Maar hoef niks te gee En ek gee, te min en ook soms te veel Hartlam, wis jy waar my hart is? En smartlam, wis jy waar my smarte is? En hartlam, wis jy Dat ek deur letters vasgebind is En hartlam wis jy Daar's n haakspeld in my lip ek is so stom soos n klip En hartlam, as liefde n klip was Was ek sand in jou uurglas