Sy staan op die hawe van Tafelbaai strand, haar seemans-geliefde hou sy by die hand; sy kla oor haar noodlot, haar hartjie is te seer - sy het glad geen tuiste en Moederlief meer... Neem my, O matroos, neem my saam as jy swerwe; by jou wil ek ween, wil ek lag, wil ek sterwe. Ons hoort mos tesame soos die wind en die see - ek gee jou my liefde, ag, wat meer kan ek gee? Ons hoort mos tesame soos die wind en die see - ek gee jou my liefde, ag, wat meer kan ek gee? Neem my, O matroos, neem my saam as jy swerwe; y jou wil ek ween, wil ek lag, wil ek sterwe. Ons hoort mos tesame soos die wind en die see - ek gee jou my liefde, ag, wat meer kan ek gee? Ons hoort mos tesame soos die wind en die see - ek gee jou my liefde, ag, wat meer kan ek gee?