Is dit geluk? Is dit dalk loon uit die pogings geput? Of die onwrikbare mosterdsaad geloof? Ons rots, ons liefde Ons vredesvesting en die sekerheid: Dis ek vir jou en jy vir my En vir te lank Het ek bestaan in afwesigheid van Die gloed van die liefde Die lig in jou oe Jou kosbare glimlag En ons begrip: Dis ek vir jou en jy vir my So glo ek in die drome Wat die blinde nagte aan my gee Want wat hul aan my beloof het Is die lig wat jy in my ontwaak het En ons kan weet Dat ons twee bymekaar sal wees Wanneer die einde Die uiteindelike Laaste nag daal Haar mantel oor ons val Dan weet ons steeds: Dis ek vir jou en jy vir my