Die ander dag toe voel ek lam Ek wou 'n klein bietjie ontspan En 'n boer maak 'n plan Ek sit my tv-set toe aan Jy sal nie glo wat ek sien Daar op my tv screen Dit was 'n nare gesig Dit het my heeltemal ontwrig Dit was 'n moerse klug Dit was P.W. se gesig En langs hom staan ou oom Pik, ja Ooo, ek dog ek gaan verstik Koor: Sit dit af, sit dit af (sit dit af, sit dit af) Sit dit af, sit dit af (sit dit af, sit dit af) Sit dit af, sit dit af (sit dit af, sit dit af) Want dis 'n helse straf Ek stap kombuis toe kry 'n bier En skakel oor na TV4 O my $%&@ wat het ons hier Wat my tv screen ontsier Is daar nerens om te vlug Van daai man se mooi gesig Met sy vinger in die lug Gaan hy my lewe net ontstig En die programme in die lug Sien jy net P.W. se gesig Ek vat jou nou 'n wed Al die bure het M-net! Koor: X2 Woorde & musiek - Johannes Kerkorrel