Die deur toegeklap, als gesê wat ek graag wou sê Maar maak dit saak wat hy dink want ek glo nie hy wil my meer hê nie En in die donker gordyn van die nag Hoor ek sy woorde en ek mis ons soms saam lag Maar ek draai op my sy, want ek glo dit is vir goed verby Dis baie vroeg in die môre, ek is nog vas aan die slaap Maar hy het net my koffer gevat en sommer self gepak Vrye keuse’s nie ’n opsie nie en wegloop is te laat vir my Want hy pluk net die deur oop en sê: “Klim in want ek wil ry” En ons ry deur Pretoria en toe deur die Goudstad Parys aan ons regterkant Deur naamlose dorpe daar was shacks en die highway Hoe ver is ons nog van die strand af Dan kom die son oor ons op en ek loer na sy kant toe Om te sien of hy kyk of ek kyk Terwyl die dag om ons dans strek ons bene En eet ons brêkfis in Bloemfontein Ek wag dat die bom bars terwyl die Karoo aan ons raak En die vaal van die wêreld, maak my sommer gou-gou vaak In Beaufort-Wes besluit hy ons gaan oornag Ons trek weer weg terwyl ek sweer dit is nog nag En met sy rustige stem breek hy stadig aan my mure af Worcester is die pitstop waar hy sê: “Komaan vat jy nou die wiel - Ek is moeg, bestuur maar Kaap toe Maak my wakker as jy Tafelberg sien” Met my oë op die wynland maar my hart in my keel Hou ek op met die games wat ek speel Toe ek die plat berg sien sê ek sag “Jy mis die beautiful view” En ons toer deur die Boland en draai na die Paarl Hy vat wragtag die Montagu pas In Graaff-Reinet sien ons berge en vlaktes verlate Hoe ver is ons nog van mekaar af Dan kom die son oor ons op en ek loer na sy kant toe Om te sien of hy kyk dat ek kyk Terwyl die dag om ons dans maak ons vrede En dink aan brêkfis in Bloemfontein En dink aan brêkfis in Bloemfontein En dink aan brêkfis in Bloemfontein