AWA

Pasgetroud

Track byAnton Goosen

0
0
  • 2020.03.25
  • 2:53
AWAで聴く

歌詞

O, Die bruid staan langs die bruidegom, die dominee vra sy vrae Hul gee mekaar die regterhand, en al twee antwoord: “Ja” Die orrel blaas sy eerste noot, en hy voel so benoud Jou mamma biggel trane want, ons is pasgetroud Ons teken die register, in die konsistorie boek Die fotograaf hop oral rond, hy soek die beste hoek Jou sussie hou konfetti reg, jou pappa vryf sy snor Jou haasbek boetie met die shoeshine, hy hang visblikke aan ons tjor Want ons is pasgetroud Jou voete kielie myne Pasgetroud Skurwe voete, myne Pasgetroud Die beste medisyne is lekker lepellê Ons is pasgetroud Jou voete kielie myne Pasgetroud Stoute voete, myne Pasgetroud Die beste medisyne is lekker lepellê O, die wit rok en die goue ring, o, jy lyk vir my so mooi Ons sit daar aan die hooftafel, al die familie is genooi Die dansorkes speel sagkens, en die troukoek word gesny Die bakvissies, hulle giggel asof ons twee nou gaan vry Die seremonie meester, se grappies is bra flou En hy vertel vir almal hoe’t ek kleintyd al verbrou “Hy lyk vir my so baie na tant Koek se hoenderhaan” En ons wals die eerste walsie, tot onder die sekelmaan Want ons is pasgetroud Jou voete kielie myne Pasgetroud Skurwe voete, myne Pasgetroud Die beste medisyne is lekker lepellê Ons is pasgetroud Jou voete kielie myne Pasgetroud Stoute voete, myne Pasgetroud Die beste medisyne is lekker lepellê Pasgetroud Jou voete kielie myne Pasgetroud Skurwe voete, myne Pasgetroud Die beste medisyne is lekker lepellê Ons is pasgetroud Jou voete kielie myne Pasgetroud Stoute voete, myne Pasgetroud Die beste medisyne is lekker lepellê Ons is pasgetroud Jou voete kielie myne Pasgetroud Skurwe voete, myne Ons is pasgetroud Jou voete kielie myne Pasgetroud Stoute voete, myne Pasgetroud Die beste medisyne is lekker lepellê

このページをシェア

Anton Goosenの人気曲

Anton Goosen
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし