Iewers op ’n stofpad Het ons verdwaal Êrens by ’n kruising Deurmekaar geraak Iewers in die skemer Het ons mekaar verloor Êrens in die landskap lê daar dalk Nog ’n spoor Kan jy – kan jy onthou Hoe ek en jy sou Berge versit en aanhou Kan jy – kan jy onthou Maar hoe draai die wind dan nou Hoe draai die wind dan nou Hoe draai hy nou Die sterre lyk vreemd Die maan is half en skeef Geen teken van reën Die dors my ewige vrees Sien ons iewers hoop Voor ons lê Of is als reeds dood Nog voor een iets kon sê Kan jy – kan jy onthou Hoe ek en jy sou Liefde kon deel en uitdeel Kan jy – kan jy onthou Maar hoe draai die wind dan nou Hoe draai die wind dan nou Hoe draai hy nou Kan jy – kan jy onthou Hoe ek en jy sou Liefde kon deel en uitdeel Kan jy – kan jy onthou Maar hoe draai die wind dan nou Hoe draai die wind dan nou Hoe draai hy nou Iewers op ’n stofpad Het ons verdwaal Iewers in die skemer Het ons mekaar verloor