AWA

Katrina

0
0
  • 1980.02.05
  • 2:18
AWAで聴く

歌詞

Katrina van die Bo-kaap Het voor haar deur gestaan ‘n Boot lê in die hawe Matrose kom al aan Oor Strandstraat na die Boereplein Die donker strate in; En netnou sal Katrina Se nagtaak weer begin ‘n Halfverlepte hoedjie Hang parmantig oor een oog Die rooi veer is verinneweer Maar staan nog met ‘n boog Katrina dra haar beste rok Sy stryk die kreukels plat So fyn asof ‘n vryer wag Het sy haar uitgevat Maar eer sy van haar huis gaan Kyk sy ‘n keer weer om; Lank sal die leë ure wees Voordat sy daar kan kom Katrina stap deur Roosstraat: Astrant met slentergang Wie raai nou aan haar houding Dat sy na huis verlang? Nou kom sy by haar susters Die rawe van die nag Wat by die hoeke uitskel Of somber staan en wag Katrina ken haar roeping: ‘n Harpy van die eer; ‘n Noodgedwonge rower Wat alles tog ontbeer Katrina haat die lewe Katrina vrees die dood Katrina gaan haar slentergang Verdien haar bitter brood

このページをシェア
Laurika Rauch
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし