AWA

Die Telemans Van Wêskou

0
0
  • 1980.02.05
  • 2:32
AWAで聴く

歌詞

Die Telemans van Wêskou Kan bêrekoop soos min Dra saam aan paaiemente Gaan tronk toe as gesin Die Tellies dink elektriek Getuig hul huurkoop huis: Katoeters en kontrepsies Van kelder tot kombuis Die Telemans van Wêskou Droom weekliks oor ‘n stel “met kleur!” skree al die kinders “iets anders sal nie tel!” Mene mene tellie Is die jongste geskrif Wat mure laat tuimel En Wêskou ontwrig Miss Tellie staan op troue Wil babas genereer Die moeder is verbete: “ook ek gaan my beheer - Ons lay-bye vir iets groters: Die visie vanne volk: In vierkleur word ons strewe Na buitekant vertolk: Ons voetbal en ons jukskei En paasskou moet vertel Ons twak is nog nie nat nie Ons stuit nie vir die hel” Mene mene tellie Is die jongste geding Wat setels laat tuimel En kleure verwring Die spriete van hul droomkas Wek bure se venyn Die Tellies kannie worry Skrum bronstig om hul skryn: Nog hegter as tevore Is die Tellies nou verbind - Al raak die vader duiselig Die moeder tele-blind Die dogter wil nie trou nie Die droomkas is haar man Nes al die ander Tellies Tot flikkerbeeld verban Mene mene tellie Is die jongste gerig Wat bedplig verduister En liefde ontwrig

このページをシェア
Laurika Rauch
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし