AWA

O So Sentimenteel

0
0
  • 1999.04.15
  • 3:30
AWAで聴く

歌詞

Jy vra my om vergiffenis Jy sê my jy voel sleg Dan spring jy op 'n straler Vlieg tien duisend myle weg My hart is nes 'n klimtol Waarmee jy lustig speel O, ek voel broos vanaand... En o, so sentimenteel Jy bel my net na middernag En vra my hoe ek voel Jy sê jy't my iets moois gekoop In 'n mark in Istanboel Oor al jou doen en late Kan ek my goed verbeel En nou's ek nie meer vaak Net o, so sentimenteel Refrein: Ek gaan my regruk en uitstyg Bo wat my onderkry 'n Nuwe lewe inrig Die oue's als verby En wat jy met jouself maak Kan my die minste skeel... Maar miskien is jy nog lief vir my Ek's o, so sentimenteel Die koffie is koud en bitter Jou vlug's 'n halfuur laat Die omie kom sy dogter haal Maar ek's niks lus vir praat Die wiele vat-vat baanblad My hart sit in my keel Gaan lê, ou hart, gaan lê Jy's o, so sentimenteel Refrein

このページをシェア
Laurika Rauch
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし