Stuur vir my 'n foto 'n Duidelike beeld Van die plooitjies om jou oë Onder andere Maak vir my 'n afskrif Van die drome in jou hande En die skewe, halwe glimlag Om jou mond Refrein (1): Probeer ten minste vaspen 'n Bietjie van die aard Van die dinge wat jy liefhet En onthou 'n Mens is tog so gou geneig Om maklik te vergeet 'n Foto keer Dat die tyd verweer Stuur vir my 'n foto 'n Duidelike beeld Van die sprokies en die spoke Van jou lyf En die roering van jou palms En die hartklop in you are En jou stiltes en jou lag En selfs jou huil Refrein (2): Probeer ten minste vaspen 'n Bietjie van die aard Van die dinge wat jy liefhet en onthou Soos ons ernstige woorde Oor die dinge van belang Wat nou reeds stom In gange hang Stuur vir my 'n foto 'n Duidelike beeld Van 'n plek waar ons al saam was - Of heen wou gaan Dalk 'n horison, 'n waansin 'n Hawe of 'n bos Onthou jy nog hoe ver wou Ons nog reis? Refrein (1)