AWA

Mis Oor Jacobsbaai

0
0
  • 1990.12.22
  • 4:08
AWAで聴く

歌詞

Die deinserigheid oor die baai Word in 'n ommesientjiestyd 'n digte mis Wat slenter en swaai en dwarrel en draai in die baai Die deinserigheid oor die baai Word in 'n japtrap se tyd 'n digte mis Wat slenter en swaai waar meeue bohaai En bohaai en bohaai in die baai Refrein: En die mishoring kreun En die mishoring steun oor die baai 'n Knaende klank van Columbine Soos die liedjie van Auld Lang Syne Die deinserigheid oor die baai Word in 'n handomkeer tyd 'n digte mis Wat langvinger tas waar skuim spoel en was in die baai Die deinserigheid oor die baai Word in 'n seepbel se duur 'n donskombers Wat snoesig kom lê oor rots en oor boot Oor rotse en bote wat klou en kleef Waar die meeue bohaai en bohaai Refrein Die dik mis hier oor Jacobsbaai Wag vir die son om te lig en dan ontstaan 'n Sprokiesgesig as als wat verdwyn het verskyn Die dik mis wat wyk voor die son Laat net 'n deinserigheid wat talm en toef En als wat verskyn glim soos perlemoen 'n Prentjie verskyn soos in Brigadoon En die meeue bohaai en bohaai Refrein: En die mishoring staak die gesteun en gekreun oor die baai Ja, die mishoring swyg by Columbine Oor die liedjie van Auld Lang Syne Die deinserigheid oor die baai Wyk in 'n ommesientjiestyd voor die son en boot En rots lê en glim en gloei in die gloed Waar die meeue bohaai en bohaai

このページをシェア
Laurika Rauch
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし