AWA

Septemberland

0
0
  • 1990.12.22
  • 3:21
AWAで聴く

歌詞

Nêrens was Septemberland Al ooit so mooi gewees Soos hierdie dorre akkerrand Se wildevygiefees Want nêrens lê die pad so lank Waar soutslaai in September rank Waar madeliefies koppies swaai By middaglui se windpomp draai Refrein: Vir jou nie die lower van bergland se wei Vir jou nie die tower van varings en vlei Vir jou gee ek yster en dorsland se vaal Vir jou gee ek kliprand en yl bossies kaal Die soet van die aandblom en blou diamant Vir jou gee ek pag oor Namakwaland En soms dink ek die Heer het self Die bedding afgesteek En toe het hy met milde hand Die reënboog oopgebreek Raak hy sy kind wat bakhand kyk Na witkopwolk wat nimmer wyk En fluister hy met oostewind Die akker is vir jou my kind Refrein

このページをシェア
Laurika Rauch
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし