Op die groen voetpad Van die horison ver Om die aarde skat, Stap ‘n ou man wat ‘n Oop maan dra in sy hare Nagtegaal in sy hart Jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat En ‘n rug gebuk aan sy jare. Wat maak hy, mammie? Hy roep die kriekies Hy roep die swart Stilte wat sing Soos die biesies, my hart En die sterre wat klop Tok-tok liefling, Soos die klein tok-tokkies in Hul fyn-ver kring. Wat is sy naam, mammie? Sy naam is Sjuut Sy naam is Slaap Meneer vergeet Uit die land van Vaak Sy naam is Toemaar Hy heet, my lam Toemaar, die donker man Mammie... Toemaar, die donker man