Madame sit in Die Grenswag 'n Manskap teen haar bors Sy koester sy vermoeidheid, Sy nadrup en sy dors Die lewe is 'n grenshotel 'n Volkebont, 'n bont bestel Bestel jou chips en drink jou gaar Jou toekoms is gerekenaar Madame bestel 'n High Ball (dit hou die vleesdrif hoog) En kyk na jong kanonvoer Wat saamdrom by die oog Die lewe is 'n grenshotel 'n Volkebont, 'n bont bestel Bestel jou chips en drink jou gaar Jou toekoms is gerekenaar Madame bestel 'n High Ball (dit hou die vleesdrif hoog) En kyk na jong kanonvoer Wat saamdrom by die oog Madame, versot op jong bloed Vergeet skoon van haar ou Want jonk of oud sterf eenders Die slagveld is hul vrou Die lewe is 'n grenshotel 'n Volkebont, 'n bont bestel Bestel jou chips en drink jou gaar Jou toekoms is gerekenaar Madame bestel 'n High Ball (dit hou die vleesdrif hoog) En kyk na jong kanonvoer Wat saamdrom by die oog Madame grens oor die wete Haar hulpdiens is beperk Want of hul bruin of wit is Hul dra die Kaïnsmerk Die lewe is 'n grenshotel 'n Volkebont, 'n bont bestel Bestel jou chips en drink jou gaar Jou toekoms is gerekenaar Madame bestel 'n High Ball (dit hou die vleesdrif hoog) En kyk na jong kanonvoer Wat saamdrom by die oog En drank en nag bring kennis En almal haal die grens Die grens erken geen grense Alleen die hart se wens