O, my naam maak rêrig nie saak nie En my ouderdom net so min Maar die plek en die mense wat ek lief het Word uitgedop en omgekeer O, wat het julle met my Kaap gedoen En wie gaan verantwoordelik staan Met my hand vol vere oopgemaak En die dons wat daaruit waai... Laat die met ore hoor En die met oë sien In die ghetto's die nuwe ghetto's Daar dans onse kinders Laat die met oë dan lees En die met tonge dan praat In die ghetto's die nuwe, nuwe ghetto's Daar bloei onse kinders Laat die met woorde dan skryf En die met note dan sing In die ghetto's die nuwe, nuwe ghetto's Daar sterf onse kinders O, ek's oud genoeg om nog jonk te wees En ek sleep my geboortemerk saam Met my hand vol vere oopgemaak En die dons wat daaruit waai...