AWA

Laat Die Kindertjies

0
0
  • 2009.08.01
  • 3:58
AWAで聴く

歌詞

'n Meisietjie stap uit Saigon met rook wat om haar walm sy ken reeds vroeg die dood wat kleef - hul noem dit hier napalm 'n Seuntjie met die Dawidster dra saam met hom die vrees dat die teken teen die deur dalk weer 'n hakekruis kan wees (koor) In die branding van ons oorloë aan die kantlyn van die stryd is 'n leërskare kinderoë wat jou en my verwyt; maar as jy fyn sou luister bo die gedreun van tenk en bom hoor jy iemand dringend fluister: "Laat hul dan na my toe kom." In Afrika se donker hart is die coup d'etat verby: 'n moeder steek die grens oor met 'n kleuter aan haar sy In Ulster weet die kinders hoe 'n landmyn kan verras; hoe vinnig die inferno selfs soldate kan veras. (koor) 'n Loopgraaf word die woning vir die kinders van Beiroet waar die veldslag deur gebou-spelonke daagliks om hul woed. In verre Kampuchea skuil 'n seuntjie in die woud; hy sien hoedat sy dorpie brand - hy's jonk, sy oë is oud (koor)

このページをシェア

Coenie de Villiersの人気曲

Coenie de Villiersのアルバム

11曲2018年
14曲2010年
13曲2010年
12曲2009年
12曲2009年
14曲1990年
Coenie de Villiers
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし