Sal iemand, iewers, êrens tog 'n kaddisj aan haar opdra as sy nie meer kan lag nie of haar oumenshande brei nie; as sy nie meer die Sabbat met haar blinde oë berei nie Sy was ook eenmaal jonk, dis waar en iemand in die dorp het haar leer liefkry, en haar soene was die voorwinter-lemoene uit die boorde van die berg: 'n bietjie skugter, maar reeds soet. En so is sy dan teobetrou en skielik was die kind 'n vrou; ja, so word sy 'n ryp granaat -die donker vrug met bloedrooi saad- en so gedy die adamsvy: nou wyser, maar nog soet. Seisoene kantel een vir een en skielik was sy weer alleen; die luike bly geslote en die wingerd het sy lote om die silwerblaar-olyf laat rank: tyd maak tog die vrugte vrank Sal iemand, iewers, êrens tog 'n kaddisj aan haar opdra want die winters was te stroef en om nog langer te vertoef is veels te ver verby haar jeug - sy sal nie nog 'n jaargang deug nie, dus (herhaal vers 1)