AWA

Magda Se Tuin

0
0
  • 2009.08.01
  • 4:13
AWAで聴く

歌詞

In Magda se tuin spin politici drome onder druipende, donkerpers bome; word dan en wan selfs 'n witskrif beplan in haar Oktober-tuin, haar Bryntirion-tuin En eenmaal per week word die spyskaart bespreek - die gesprek is verfyn soos die wit porselein wat rinkel en klink as sy weer 'n keer skink in Magda se tuin, Haar Bryntirion-tuin (koor) En die ringmuur loop wit om haar tuin en die ysterhek is gegote en die naam van die huis lees "Welkom Tuis", maar die reusehek bly geslote ja, Magda se tuin bly geslote In Magda se tuin staan besoekers verbaas oor die grasperk se froen dier die sproeiers se waas; maar die glas op die muur is bierbottelbruin in Magda se tuin, haar Bryntirion-tuin In Magda se tuin is die visdam versteek en 'n goudvis wat soms deur die oppervlak breek is meerendeels geel maar af en toe bruin in Magda se tuin haar Bryntirion-tuin (koor)

このページをシェア

Coenie de Villiersの人気曲

Coenie de Villiersのアルバム

11曲2018年
14曲2010年
13曲2010年
12曲2009年
12曲2009年
14曲1990年
Coenie de Villiers
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし