AWA

Kaneelverkoper

0
0
  • 2009.07.01
  • 3:55
AWAで聴く

歌詞

Bedags vind jy my in die mark langs die turkoois minaret en in die koelte van my tent hoor ek die aandgebed Ja, ek dryf handel met kaneel ek verkoop die spesery wat vroue agter sluiers, selfs die sultan my beny Maar saans maak ek die tentflap toe en my lyf ruik na kaneel; Jy kan dit aan my vingers proe en dit alles word jou deel; want as jy smorêns vroeg, my lief in die donker teen my beur word die goue poeier afgevryf en kry jou lyf my geur; In die nate van jou hande lê die spesery se spoor Jy ruik - soos ek - ook na kaneel; hoe kan ek jou verloor? Ek sal jou orals ken, my lief - hoe kan ek jou verloor? Ek gaan haal dit aan die oosterkim van waar my bruin kameel 'n vrag van duisend geure dra wat elk ruik soos kaneel Die kleure van Arabië die oop woestyn se geel - vul al die mandjies in my tent - en elk bevat kaneel Maar saans maak ek die tentflap toe en my lyf ruik na kaneel; Jy kan dit aan my vingers proe en dit alles word jou deel; want as jy smorêns vroeg, my lief in die donker teen my beur word die goue poeier afgevryf en kry jou lyf my geur; In die nate van jou hande lê die spesery se spoor Jy ruik - soos ek - ook na kaneel; hoe kan ek jou verloor? Ek sal jou orals ken, my lief - hoe kan ek jou verloor?

このページをシェア

Coenie de Villiersの人気曲

Coenie de Villiersのアルバム

11曲2018年
14曲2010年
13曲2010年
12曲2009年
12曲2009年
14曲1990年
Coenie de Villiers
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし