Na pa se dood was ma alleen (die Karoo in die winter word koud) Ek was tien daardie jaar en my broer was vier en my ma was skielik oud Sy't rokke gemaak vir die hele distrik en gewerk tot laat in die nag en soms as sy opkyk sou 'n mens kon sweer dat sy pa op die drumpel verwag Solly was 'n boerejood op reis van plek tot plek met knope en lappe sy brood verdien dog kwalik sy petrol gedek En deur die jare het Solly aan ma meer as knope en garing verkoop haar oë was nou immer op die pad gerig in haar hart was daar skielik weer hoop Na ete dan vat hy my ma se hand en die kinders moes buite bly maar selfs na jare se kom en gaan bly sy woorde my steeds nog by: (koor) Kom ek en jy gaan vye pluk en ons los die kind om te speel die lewe is hard en die bietjie geluk wat ons het, my lief, moet ons deel Want dis rooier as 'n malva en dis so seker soos die son selfs anderkant die liefde lê my hart se horison Die jare het verbygeflits die lewe was goed vir ma Solly het haar weer 'n vrou gemaak gehelp om die las te dra Maar eendag het ons nuus gekry van die Buick op 'n draai in die pad ma se hart het ineengekrimp want die Here het Solly gevat Ek weet dit was sonde, het my ma gebieg en die Singer getrap dat hy dreun want 'n vrou bly 'n vrou, en Solly was man - maar wat sal jy weet, my seun? En tog onthou ek sy sagte oë as hy vra of ons buite sou bly en selfs na jare se kom en gaan bly sy woorde my steeds nog by: (koor)