Daar's 'n hamer en 'n sekel teen die witgekalkte muur van die Portugese kroeg en kabaret en binne sit soldate en drink whiskey uur na uur en droom van vrede en van vroue en van bed As dit nag word oor Angola sny 'n man se hart weer spoor tot in die suide waar 'n minnares dalk wag en daar buite woed die oorlog maar hulle's hier om haar te hoor en vir 'n oomblik weer te glo en weer te lag (koor) Hul noem haar Lola van Luanda en sy dans hier aand na aand in die kollig wat haar vasvang soos 'n mot sy ken hartstog, sy ken heimwee en sy sing daarvan vanaand sy maak die lewe vir 'n oomblik weer genot Lola van Luanda sing wat soldate graag will hê: en as die laaste note wegsterf het sy by elke man gelê In die rokerige kamer hang die geur van gin en bier hier word die oorlog vir 'n oomblik tóg besweer en vir die manne bring sy vreugde aan 'n soldaat gee sy plesier wat hom dalk later teen die vyand sal verweer In haar hare is daar kamme twee van goud, een van ivoor en aan haar borste is daar tossels wat sy swaai Ja, haar lyf is pure wellus maar sy't reeds die stryd verloor teen die heupe wat haar ouderdom verraai (koor)