Vir jou sal ek lief bly, het sy een nag gesweer en dit werklik bedoel - het sy later beweer Ja, ek kry die motor, en sy kry die kind - om die hofsaak te skik word die liefde weer blind Beloftes ten spyt is ons só uitmekaar om elkeen die lewe weer alleen in te vaar; om ondanks die letsels dalk weer te probeer want sommige lesse word selde geleer (koor) Die liefde is meedoënloos dit maak jou stukkend, dit maak jou broos Al soek jy iewers dieper in - dit bly steeds 'n raaisel hoe minaars bemin Die onskuld se fleur is vir ewig verby die minnares in my bed het haar liefde bely Ko's maak 'n baba, het sy saggies gesê en ek dink dit was toe wat ons albei wou hê Maar later, na twaalf, na te veel Chardonnay, was die oeroue drang vir die nag reeds verby; haar asem se ritme - reëlmatig en soet, maar dis jou wat ek mis, wat my snags so laat boet (koor)