AWA

歌詞

My pa was 'n jagter hy was 'n man van staal daar was krag in elke spier hy kon die rigting van 'n dier soos 'n Nimrod op die wind bepaal Soos die jagter van ouds het hy die spoor gesny en sekuur deur die veld soos 'n Ariese held het my pa op die spoor gebly Om Afrikaner te wees 'n Boer uit een stuk was die wil van Bo - so het Pa geglo - dit was meer as net blote geluk (koor) Moenie vrees nie my seun jy kom jou vel te na jy is Boer in murg en been - wat meer kan jy vra Ons het eendag gaan jag net ek en my pa met die geweer teen sy skouer was hy wyser, was hy ouer hy was méér as wat 'n seun kon vra So skuins ná drie het hy 'n blesbok gekwes ons het die bloedspoor gesny langs die heuwels verby en later het ons noord, noord-wes ons gewonde prooi gevolg tot diep in die bos waar die laatmiddagson - soos net die laeveld kon - skadu's tussen bome los (koor) Maar skielik was ek bang want in my hart het ek geweet ons het rigting verloor ons was áf van die spoor - pa het die pad huis toe vergeet Ja, skielik was ek bang al was dit moeilik om te glo dat my pa kon verdwaal dat my pa ook kon faal - maar miskien voel baie kinders tog só (koor)

このページをシェア
Mandla Lande/Michael Ludonga/Dizu Plaatjies/Coenie De Villiers
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし