AWA

Sara Stoepsit

0
0
  • 2008.01.01
  • 4:45
AWAで聴く

歌詞

Sara Stoepsit staan vroeg op Sy groet die möreson Pantoffels aan haar voete Sy dra 'n pienk japon Sy voer die Voéltjies vrugte En sy drink haar koffie swart Eet roosterbrood met heuning Sluk pille vir haar hart Sara trek haar kerkrok aan Gaan sit dan op die stoep Sy luister na kasette Van Gé Korsten en Koos Doep Sara hoor jy die tik tak tok Die wekker op jou spieëikas Wag vir niemand Sara hoor iy die kerklok slaan Hy slaan vir jou hy slaan vir my En die tyd, die tyd stap aan Elfuur drink sy rooibostee Eet karringmeikbeskuit Sy blaai deur foto albums Uit 'n ver verlede tyd Hier is sy op dertien In haar baaibroek op 'n strand En hier op twee en twintig Aan 'n jong soldaat se hand Sara Stoepsit staan swaar op Daar's koelte in die lug Sy sleep haar voete binnetoe Sy sluit haar deur en sug Pantoffels aan haar voete Sy's terug in haar japon Sesuur in die middag Sy groet die laaste son Sara Stoepsit bid vir laas Sy blaas haar kersvlam uit En net voor sy aan slape gaan Hoor sy die nagtrein fluit In haar drome ry sy saam Ketikketak ketikketak En in haar hangkas wag 'n tas Stofbelaai, nooit weer gepak

このページをシェア

Amanda Strydomの人気曲

Amanda Strydom
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし