AWA

Die Eerste Seerkry

0
0
  • 2008.01.01
  • 4:24
AWAで聴く

歌詞

Die meisie met die puisie sit verwese in die hoek Sy skryf gewonde woorde in haar Croxley klaswerkboek O die droefheid sê sy saggies, die droefheid het my beet Nou wals ek met die weemoed, want jy het my vergeet Vergete is die maanligaand, die pawiljoen, die eerste soen Die reuk van varsgesnyde gras toe ek en jy nog ons twee was O die droefheid, sê sy saggies, die droefheid het my beet Nou wals ek met die weemoed, want jy het my vergeet. Niks kan die eerste seerkry keer nie Geen muur, geen skanse of verweer nie Ons almal moet die paadjie loop Die hart word eers met vuur gedoop Die hart word eers in vuur gedoop En meisietjies sal grootword en seuntjies sal ook leer Die dag sal kom dat hul alleen die lewe moet trotseer Gee hul lampe vir hul voete en 'n kompas vir die pad Maar berus dat hul in elk geval hul eie koers sal vat En as my bene stram word en ek stadiger moet loop En die are op my hande soos verliefde wurms knoop As alles wat eens helder was, verbleek na grys en grou Laat my tog, soos kindertyd, my verwondering behou

このページをシェア

Amanda Strydomの人気曲

Amanda Strydom
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし