Ek was neëntien jaar oud toe Hector gesterf het Hy was dertien jaar oud met 'n koeël deur sy lyf Dit was koud in ons voorhuis - op die sestiende Junie En die wind het geruk aan die vlag by die hek En my pa het gesê "draai tog jou serp om" Uit die sitkamer voor ons nuwe TV En dis toe wat ek sien hoe jy val langs jou suster En my ma sê "kom eet die bobotie word koud" Hector Peterson - Kind met die glimlag Kind van die struggle Kind van ons grond Ek was neëntien jaar oud toe ek sien wat hier aangaan Hy was dertien jaar oud en het lankal geweet En my pa skud sy kop vir Soweto se kinders Wat mars teen die taal wat hy jare lank praat Hector Peterson - Kind met die glimlag Kind van die struggle Kind van ons grond Ek was neëntien jaar oud en Hector skaars dertien Ek was veilig verskans teen die skreeuende waarheid In die naam van die Heer en die swakheid van vaders Wat niks aan die sirkus van waansin wou doen Hector Peterson - Kind met die glimlag Kind van die struggle Kind van ons grond Dis weer sestien Junie en ek sien Hector se foto Op voorblaaie dwarsoor die land Hy lê so stil in die arms van Nbuyisa Mukhubu Sy vlerke geknip sodat ander kan vlieg Hector Peterson - Kind met die glimlag Kind van die struggle Kind van ons grond Hector Peterson - Kind van die struggle Kind van ons grond Kind met die glimlag wat Grynslag geword het - dis rooi om jou mond Dis rooi om jou mond dis rooi