Die kleinste kers se liggie Kan die diepste donker breek En 'n duisend ander liggies Kan by daardie een aansteek Dan by daardie duisend liggies Nog miljoen of twee of tien Totdat almal in die wêreld Deur die donkerte kan sien Dit neem een eerste liggie Maak nie saak hoe dof of klein Een liggie wat alleen staan En die krag het om te skyn