AWA

Kyk Hoe Glinster Die Maan

0
0
  • 2017.10.23
  • 4:36
AWAで聴く

歌詞

Ek het in my kinderjare vas geglo in Kersfeesvader In werklikheid ry hy mos met 'n slee Maar hier stap hy deur die mielies, met 'n streepsak En 'n kierie En my boetie vra, "boer hy by Clocolan?" Refrein: Waar is jou rendier en silwer spore? Waar is ons drome van gisteraand? Vlieg oor die bome met my drome Kyk hoe glinster die maan Die winde van die winter het my kinderhart ontnugter Ek en Boetie kry 'n rooi jas in die laai Jonk van jare, oud van dae, huil ek hartseer In my kamer Want die fantasie het soos 'n droom verdwyn Refrein In 'n brief van later jare, skryf ek "liewe Kersfeesvader Elke meisie het 'n spesiale wens Vir 'n man so soet soos suiker, met 'n motor sonder duike En soen hy jou dink jy dis net 'n droom" Refrein Ek stap toe op 'n aand laat, met 'n kêrel uit die Vrystaat Al bestuur hy 'n ou bakkie, sê ek "Kersfeesvader, dankie!" Want al sy soene is soos suiker, en in sy hande 'n diamant Vlieg oor die bome met my drome Kyk hoe glinster die maan Hier's ons kinders om die boompie, hulle wag nou vir die oompie My dogtertjie is net 'n bietjie bang Maar hy stap sommer uit die branders, ja die tye het verander My seuntjie vra, "woon hy in Jeffriesbaai?" Refrein

このページをシェア
Laurika Rauch
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし