AWA

Sy's Al Wat Ons Het

0
0
  • 1992.12.22
  • 4:04
AWAで聴く

歌詞

Iewers klink die eggo Nog 'n skoot uit 'n geweer Iewers vlug daar diere En 'n groot boom val neer Iewers in die verte Word nog 'n stad gebou Iewers vaar 'n vragskip Oor die see se laaste blou En iewers onder alles Sug moeder aarde swaar Sy kyk oor haar skouer Sy tel nog 'n jaar Sy dink aan toe sy jonk was En mooi en sonder pyn Maar nou is dinge anders Sy voel die lewe verdwyn Refrein: Sy vryf haar moeë bene Sy't 'n lang pad geloop Sy wonder oor haar kinders Dis haar heel laaste hoop Sy vou haar hande saam Soos 'n eensaam gebed O, wanneer gaan ons leer Sy's al wat ons het Moeder aarde draai haar om Uit die son se ergste brand En sy droom van digte woude En haar oë waai vol sand Sy soek na haar kinders Maar hul dans nou met musiek Langs duisend vuil riviere Langs berge van plastiek Refrein

このページをシェア
Laurika Rauch
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし