AWA

Die Gang

0
0
  • 1992.12.22
  • 3:45
AWAで聴く

歌詞

In die donker gang is 'n lig wat skyn Maar die vlam is delikaat en fyn En ek het verlang na die lentetyd Op my oom se plaas sonder elektrisiteit My tannie sê: "My kind, my kind Die liefde en die motte is blind Vanmelewe se dae in die lentetyd Was daar wel, ja, wel 'n bietjie elektrisiteit" Diep in die donker gang het ek na iets verlang Ek het die wind hoor sing, lente sal liefde bring Ek het die hoor kwyn, dis net die son wat nou verdwyn En soos die aarde draai, sal 'n haan weer kraai In die donker gang is 'n skildery Van de Wet, Cronjé en De la Rey En die perde se oë het moeg gelyk Want die strewe na vrede is 'n eindelose stryd Laat een aand word die nag soos dag Soos die storm bars met al sy krag En ek het in die gang weggekruip Want ek was so bang vir die elektrisiteit Diep in die donker gang het ek na iets verlang Ek het die wind hoor sing, lente sal liefde bring Ek het die hoor kwyn, dis net die son wat nou verdwyn En soos die aarde draai, sal 'n haan weer kraai In die donker gang word die vlam weerkaats In die prente waar die skadu's dans Maar die vlam is delikaat en fyn En dit kan soos 'n dief in die donker nag verdwyn Diep in die donker gang het ek na iets verlang Ek het die wind hoor sing, lente sal liefde bring Ek het die hoor kwyn, dis net die son wat nou verdwyn En soos die aarde draai, sal 'n haan weer kraai

このページをシェア
Laurika Rauch
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし