AWA

Skoppensboer

0
0
  • 1992.12.22
  • 3:26
AWAで聴く

歌詞

'n Druppel gal is in die soetste wyn; 'n Traan is op elk' vrolik snaar, In elke lag, 'n sug van pyn, In elke roos 'n dowwe blaar. Die een wat deur die nag Ons pret beloer En laaste lag Is Skoppensboer (is Skoppensboer). Gewis en seker is die woord: Die skatte wat ons opvergaar, Ondanks die sterkste slot en koord Word net vir mot en roes bewaar. Net pagters ons Van stof en dons Om oor te voer Aan Skoppensboer (aan Skoppensboer Aan Skoppensboer). Gewis is alles net 'n grap! Ons speel in die komedie mee Geblinddoek met 'n lanfer-lap Wat selfs die son 'n skadu gee. Wat treur ons tog? Viool en fluit Maak nog geluid; En lank die nag Wat voorlê nog (voorlê nog). (Maar Skoppensboer, maar Skoppensboer) Al kan ons nooit volmaaktheid raak, Nog blink die oog en gloei die huid Wat heel die winter blomtyd maak. Dus onverleë Lag ons maar mee Met elke toer Van Skoppensboer! (van Skoppensboer Van Skoppensboer)!

このページをシェア
Laurika Rauch
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし