AWA

Die Stout Kat

0
0
  • 1999.02.15
  • 2:45
AWAで聴く

歌詞

Ons kat was gister drie jaar oud En oom Servaas beweer Dis oud genoeg om kattekwaad Nou eenmaal af te leer Nou eenmaal af te leer En tog, dit spyt my om te sê Ons kat is regtig stout En traak nie as ‘n mens hom knor Oor een of ander fout x 2 Herhaalde male sê ons hom Jy moenie muisies moor Nog minder mossies maar verniet Die stouterd wil nie hoor Die stouterd wil nie hoor Ons het al oom Servaas gevra Mismoedig wat te maak Hy skud sy kop en sê dit is Nogal ‘n lastige saak Nogal ‘n lastige saak Ons weet dit is, ons moet maar nou Van vooraf weer probeer Om in sy vierde jaar ons kat Van kleins af weer te leer Van kleins af weer te leer Dan sal hy later, ag ek weet, Dit sal bra moeilik gaan Nie meer geniepsig met sy klou ‘n Klein swak muisie slaan ‘n Klein swak muisie slaan Nie meer loop skuil soek in die gras Om voëltjies te bekruip En as hy nie wil hoor nie ... Sal ons oompie hom versuip!

このページをシェア
Laurika Rauch
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし