AWA

Vanaand Se Maan (feat. Cutt Glas)

0
0
  • 1999.02.15
  • 3:17
AWAで聴く

歌詞

Nag loop sy paaie Duisternis kry sy sin Geluide word lawaaie Want die nagstilte het begin Ver-af skreeu 'n kiewiet rou 'n Jakkals kreun sy klag En vanaand se maan Is 'n hartseer maan Is 'n spierwit maan Vanaand se maan is mooi Nag loop sy paaie Duisternis gaan sy gang Die donker word nou baie En die baie maak bang Nag se swart maak dood die lig Die dag sterf in 'n ster En vanaand se maan Is 'n hartseer maan Is 'n spierwit maan Vanaand se maan is mooi Want vra maar die maan as hy so lyk Hoe dink ek nog aan jou Vra hom of hy hartseer is Want hy kan ook onthou Donker word ligter Dag se son breek die nag Die aarde word stil wakker Want die son sê: "Dit is nou dag" Twaalf ure se fel verlang Voor nag jou weer omvou En dan's... vanaand se maan Weer 'n hartseer maan En 'n spierwit maan Vanaand se maan... Vanaand se maan is dan weer mooi

このページをシェア
Laurika Rauch
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし