AWA

Krisjan Swart

0
0
  • 2002.02.15
  • 4:36
AWAで聴く

歌詞

Bokant die stasie Daar woon Krisjan Swart Tussen die spoorweg Ennie nasionale pad Op die muur van sy stoep Hang die horings van 'n bok In sy agterplaas groei 'n perskeboom Langs 'n groot ou duiwehok Op daai duiwe is hy trots Hulle maak sy hart so bly Die silwer bekers op sy pelmet Staan so in 'n ry Ja hy is Krisjan Swart Hy's wyd en syd geken Vir sy duiwe wat so vinnig vlieg En pryse vir hom wen Krisjan se vrou Is lekker rond en vet In haar hare dra sy curlers In haar mond 'n sigaret Pantoffels aan haar voete Kook sy moskonfyt Met haar een oog op die tuinjong Wat die agterplaas natspuit Op daai vrou is hy so trots Sy maak sy hart so bly Al is sy nie jonk nie Kan sy nog lekker vry Ja sy is Wilmina Swart Hulle ken haar wyd en syd Vir haar melktert en mosbolletjies Haar beroemde boerbeskuit Krisjan se dogter Is met 'n prokureur getrou Hy't vir haar 'n groot wit huis In Riebeeckpark gebou Die kaggel in die sitkamer Is mooi met klip versier 'n Skildery van Tafelberg Hang ook daar teen die muur Op daai dogter is hy trots Sy maak sy hart so bly Al is sy nie mooi nie Het sy haar man gekry Sy is Johanna Swart Vrou van die prokureur Haar lippies en haar vingernaels Is dieselfde bloedrooi kleur Krisjan se seun Is lekker fris gebou Maar sy stem is 'n bietjie hoog En sy broek is 'n bietjie nou Sy hare dra hy lank En hy speel ook die kitaar Krisjan vra sy vrou: Waar kom die seun vandaan? Op daai seun is hy nie trots nie Hy maak sy hart so seer Kan ek tog sy pa wees Wil Krisjan redeneer Ja hy is Krisjan Swart Hy't ook sy pa se naam Maar sy hare en sy kitaar speel Maak sy pa so skaam Bokant die stasie Daar woon die Swart gesin Krisjan drink net brannewyn Wilmina drink net gin En hulle sit daar op die stoep In die skemerlig so flou Hulle kyk hoe vlieg die duiwe Sirkels teen die blou

このページをシェア
Laurika Rauch
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし