AWA

Deur Die Oë Van 'N Kind

0
0
  • 2002.02.15
  • 3:39
AWAで聴く

歌詞

Deur die oë van 'n kind is die wêreld geel 'n Strand waarop ons uitgelate speel Ek duik jou, jy val, Ons slaan vuis oor 'n bal Ek huil nie te veel nie: Die wêreld is heel Deur die oë van 'n kind is die wêreld groen Want pappa is hier, hy kan alles doen Jy glo wat hy sê Jy kan kry wat jy wil hê In ruil vir 'n taai klapsoen Sien 'n reënboog in droë woestyn 'n Glimlag wat breek deur die pyn Jy vra waar's die hoop En ek wys jou die son Wat die oë van 'n kind sien skyn Deur die oë van 'n kind is die wêreld rooi En gister se einas ver weggegooi As kersvader klim By die skoorsteen in Dan toor hy die lewe mooi Selfs die donkerste nag sien 'n kind as blou En swartsteenkoolgrys sien hy effens grou Want wie's dan nou bang Vir die goed wat jou kan vang As pappa jou styf vashou! Sien 'n reënboog in droë woestyn 'n Glimlag wat breek deur die pyn Jy vra waar's die hoop En ek wys jou die son Wat die oë van 'n kind sien skyn Ek's bang vir die kraai wat die tyding bring Maar kinders kyk oor hom, hoor engele sing Ek wens ek kan reis op die gisterwind Om weer te kan sien soos 'n kind Om weer te kan sien soos 'n kind Om weer te kan sien soos 'n kind Sien 'n reënboog in droë woestyn 'n Glimlag wat breek deur die pyn Jy vra waar's die hoop En ek wys jou die son Wat die oë van 'n kind sien skyn Sien 'n reënboog in droë woestyn 'n Glimlag wat breek deur die pyn Jy vra waar's die hoop En ek wys jou die son Wat die oë van 'n kind sien skyn ....wat die oë van 'n kind sien skyn wat die oë van 'n kind sien skyn

このページをシェア
Laurika Rauch
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし