AWA

Aai-Aai

0
0
  • 2004.03.15
  • 2:32
AWAで聴く

歌詞

O, bokkie ek wil jou hê Waar die grou-blou vlaktes lê Waar die bakgat somerwinde saans Jou uitnooi vir die dans Waar die langlyf winde kil Om die halfmensplante krul Waar die Aai-aai kraai sy eiers lê Wil ek jou net eers loop sê Dat... Aai-aai die witborskraai Vlieg verby en maak 'n draai Aai-aai die witborskraai Het halfpad mos toe omgedraai Aai-aai kom teruggewaai Stuur die groot see in sy maai Namakwaland roep hom terug Hier kom hy op die wind se rug Raai waar is Aai-aai Die wind die waai vir Aai-aai Sy gees en hart is vry, vry Bo lief en leed verby O, bokkie ek wil jou sê Waar die blou-blou berge lê Waar die boggom rondomtalie gooi En die boerbok spore strooi Waar die Grootrivier sy loop Deur die droë aarde knoop Waar die kokerbome wortels maak En die lug die hemel raak Aai-aai die witborskraai Vlieg verby en maak 'n draai Aai-aai die witborskraai Het halfpad mos toe omgedraai Aai-aai kom teruggewaai Stuur die groot see in sy maai Namakwaland roep hom terug Hier kom hy op die wind se rug Aai-aai die witborskraai Vlieg verby en maak 'n draai Aai-aai die witborskraai Het halfpad mos toe omgedraai Aai-aai kom teruggewaai Stuur die groot see in sy maai Namakwaland roep hom terug Hier kom hy op die wind se rug Bokkie ek wil jou hê Waar die grou-blou vlaktes lê Waar die bakgat somerwinde saans Jou uitnooi vir die dans

このページをシェア
Laurika Rauch
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし