AWA

Kabouterliefde (Vir Simone)

0
0
  • 2004.03.15
  • 2:05
AWAで聴く

歌詞

Die kabouter met die rooi-rooi pet Die kabouter met die geel hemp aan Het sy hart gistraand vir my gegee En sy hemp is vir die maan Die hoepelronde blou-blou lug Het kadoemps op die grond geval Hy't dit blink-blou in sy hand gerol Toe speel ons daarmee bal Die sterre met hul wit ligte Het geknipoog toe ons lag Hul't rondom ons in 'n kring getrek Soos 'n laer in die nag Die aandblom het sy trom-trompet Geblaas in die warrelwindkring Die kalkoentjies met hul rooi mondjies Het die sprinkaan-wals gesing Die maan met sy geel lyfie Het gaan plat lê op sy rug Hy't gaan slaap by die gousblomme Met sy boepens in die lug Die kabouter met die rooi-rooi hart Het dit self vir my gesê Hy't die aardbol oor sy kop gegooi O dis hier waar die liefde lê

このページをシェア
Laurika Rauch
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし