AWA

Stoomtrein

0
0
  • 2004.03.15
  • 3:09
AWAで聴く

歌詞

As ek vanaand my sin kon kry Sou ek weer met 'n stoomtrein Deur die varsgeploegde Wes-Transvaal wou ry Soos jare vantevore Voor ons die spoor verloor het In hierdie sinnelose jaagtog teen tyd En as ek nog 'n wens kon kry Sou ek dat hierdie trein van my Al klikkend oor die spore wieg en swaai Oor die brug by "Veertien strome" Wil ek steenkool ruik en stoom As die wind deur die venster binnewaai Ja ek verlang na die dae toe die stoomtrein Nog gery het En die springbokkop wat ratel teen die stowwerige ruit Maar ek soek veral na mense wat verdwyn het Uit my kleintyd Soos die stoomtrein se weemoedige gefluit Daar's net een fout met die wens van my Om weer eens met 'n stoomtrein Oor die spore van my kinderdae te ry Want die vreugde en die mense Wat ek soek met my gewensery Is lank reeds met die laaste trein verby

このページをシェア
Laurika Rauch
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし