AWA

God Se Kunskafee

0
0
  • 2010.01.05
  • 4:19
AWAで聴く

歌詞

Dis 5 uur in die môre en God sit en verf Hy koester elke druppel goudgeel kuns, wat hy aan die hemel hang Vir ons om na te kyk Ek hoor die klappende kraak van ‘n sifdeur agter my, En Piet skreeu by die stal: “Ons het reën gekry!” En soos ek loop deur God se kunskafee Voel ek meer geseënd met elke tree Want met koffie en ‘n verfkwas Sit hy heeldag daar en dink Hoe om sy vreugde na my te bring Maar oom Ben se wynplaas op Worcester Met die ou geuwelhuis Ja, die verf hy die mooiste, na ‘n lang dag se reis Ek loop verby ‘n prentjie van ‘n boer op sy John Deere Wat vol hoop hierdie aarde omkeer En ek sien stof, maar ek ruik die reën aankom Ek hoor die fluit van die werkers wat die beeste inkeer As die son sak oor daai tweespoorpad En soos ek loop deur God se kunskafee Voel ek meer geseënd met elke tree Want met koffie en ‘n verfkwas Sit hy heeldag daar en dink Hoe om sy vreugde na my te bring Maar Pa se plaas duskant Leslie Waar die kleiosse in die son bak Ja, die verf hy die mooiste, na ‘n lang dag se stap Die skildery van hierdie volmaan, was lank vooruit geverf Vanaand het hy hom kom ophang, agter die donker grys berg Ek hoor die kraak van die krieke, by die rooi dam hier langs my En warm teen my vel, gly die bosveld verby En soos ek loop deur God se kunskafee Voel ek meer geseënd met elke tree Want met koffie en ‘n verfkwas Sit hy heeldag daar en dink Hoe om sy vreugde na my te bring Maar die Meyers se wildsplaas, by Vaalwater Met die kampvuur en die samesyn Ja, die verf hy die mooiste, na ‘n lang dag se ry

このページをシェア
Laurika Rauch
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし