AWA

Jasper Onthou Jy

0
0
  • 2010.01.05
  • 4:04
AWAで聴く

歌詞

Jasper onthou jy ons belofte gemaak Dat ons mekaar sou liefhê – ons was agt Ek in my groen skooljurk En jy smart in krieketgoed Met die duiwe as ons dom'nee Ons getuie was 'n hoed Jasper onthou jy ek het eenkeer verdwaal In daai bangmaak populierbos – ons was tien Ek het stil gaan sit en sag gebid Geweet jy sou my kry Jy sou soek en soek want niemand Was al ooit so lief vir my gewees nie Refrein: Maar ons stofpad saam het teer geword Jou spoor kon ek nie sny nie Ek het weer verdwaal en verdwaal gebly En gehoop jy sou kom soek na my Maar jou seunskind hart het aanbeweeg Jy't nou die oë van 'n man Jasper onthou ons kleintyd saam Onthou my gou weer – as jy kan Jasper onthou jy ek was nerf-af geval Toe daai lang ou my gestamp het - Ons was twaalf Jy't my opgetel en weggedra Die pleister self geplak En daai boelie sommer vreesloos In die fietsloods kaalvuis aan gaan vat Jasper onthou jy toe jy weg moes gaan Na daai ver dorp innie vreemde Ons was groot - Groot genoeg om seer te kry Te jonk om te kan keer Better loved and lost than never loved Dit sou die tyd ons hard-hard leer Refrein Brug: Ek bly nou op 'n anner plek Het nie lank na jou daar weggetrek Het jou nommer nou die dag by navrae opgesproor As ek jou sou bel en sou vertel Dat ek steeds van ons twee droom Sou jy sê jy droom ook steeds van my Of is ek lankal reeds verloë n

このページをシェア
Laurika Rauch
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし