AWA

Ballade Van 'n Koningsdogter

0
0
  • 2010.01.05
  • 3:33
AWAで聴く

歌詞

O bly het die koning se lippe gelag En hoog het bokale geswaai Kom ledig die beker se vonk'lende prag En bring hier my dogter so fraai Met 'n fa, la, falalala en die sang van 'n silwer basuin Het die koning se bode die lelie gaan haal Wat pryk in die koning se tuin O bly het die koning se dogter gespeel Die mooiste blom in die tuin Toe hoor sy 'n stem wat nog liefliker streel As die sang van 'n silwer basuin Met 'n fa, la, falalala en die oë so sag en so bruin Het die koning se bode die lelie gaan haal Wat pryk in die koning se tuin "Die koning laat vra of sy dogter sal kom Sy Majesteit vier fees En soeter nog is die wyn vir hom As sy dogter daar kan wees" Met 'n tra, la, tralalala En die gloed van sy stem in haar hart Het die koning se dogter Die bode gevolg en vry was sy van smart En teer het die oë wat haar verbly Die lelie aangekyk: Sy was die bloeisel so rein en hy - Die stingel in die slyk Met 'n tra, la, tralalala En die gloed van sy stem in haar hart Het die koning se dogter haar minnaar gevolg En vry was sy van smart En gou het die koning opgespring Om sy dogter te begroet En die prinses na die troon te bring Met die bode aan haar voet Met 'n ra, ta, ratatata En die swaai van 'n rooi banier Het 'n hoë besoeker daar aangekom Om met hul fees te vier Trots het die koning opgestaan En almal luister nou: O, howelinge hoor my aan Die Blom van my huis gaan trou! Met 'n ra, ta, ratatata En die swaai van 'n rooi banier Het die hoë besoeker uitgetree O Koning ek is hier! En bleek het die koning se dogter geword En wild was haar oë nou My laaste druppel bloed sal ek stort Eer ek met die ridder trou! Met 'n fa, la falalala En die sang van 'n silwer basuin Het die koning se bode gaan staan by sy blom Gepluk uit die koning se tuin O wreed het die koning se oë gevlam En hoog het sy sabel geblink Soos die kruin van 'n wilker, gesny van sy stam Het die bode neergesink Met 'n tra, la, tralalala En 'n kilte wat kruip oor haar hart Het die koning se dogter gesing en gelag Gesing en gelag Met die singende stem van die smart

このページをシェア
Laurika Rauch
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし