AWA

Ek Het 'n Boer Sien Dans

0
0
  • 2010.01.05
  • 3:50
AWAで聴く

歌詞

Ek het ver gery op 'n nuwe pad vir die eerste keer - êrens in die Groot Karoo Dit was die langste tyd van byna niks, Maar die kortste pad na waar ek wou wees - Ek het verlang na die see Dit was 'n groot verdwaal op 'n reguit pad Ek het Noord en Suid in die veld verlê Maar na 'n prentjie op 'n plaaspad, Was ek seker ek ruik die reën Ek het 'n boer sien dans in die Karoo Met sy hoed in die hand – dakloos in die water van bo Ek het 'n boer sien dans in die Karoo Hy sê "ons dit noem dit hier Genadewater, meisiekind, Hierdie reën – hierdie water bly 'n seën" Ek het stilgestaan op 'n nuwe plek vir die eerste keer -êrens in die Groot Karoo Dit was die mooiste plek van byna niks Op 'n plaas – met die naam Berlin Toe die hemel die aarde seën Dit was soos huis toe kom op 'n reguit pad Ek en 'n vreemdeling met die hoed in die hand 'n prentjie op 'n plaaspad - die stof, die dans en die reën Ek het 'n boer sien dans in die Karoo Met sy hoed in die hand – dakloos in die water van bo Ek het 'n boer sien dans in die Karoo Hy sê "ons dit noem dit hier Genadewater, meisiekind, Hierdie reën – hierdie water bly 'n seën" Ek het 'n boer sien dans in die Karoo Met sy hoed in die hand – dakloos in die water van bo Ek het 'n boer sien dans in die Karoo Hy sê "ons dit noem dit hier Genadewater, meisiekind, Hierdie reën – hierdie water bly 'n seën"

このページをシェア
Laurika Rauch
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし