Die wind waai vanaand verskriklik Dis die swart Suidoos Ek wonder of my mure gaan bly staan En waarheen skep die wind my as hy my beetkry Kan hy my verder waai As waar ek is? O Bokkie So is die wind maar Een dag nog vriend’lik Die volgende dag verdwaal Die wind klim tussen my mure in In elke holte in Dit ruk en pluk aan alles Wat nog naby is Die mure het ore Almal luister in ‘n Mens kan so ‘n wind Glad nie vertrou O Bokkie So is die wind maar Een dag plesierig Sommer die volgende dag al blou Die wind waai vanaand verskriklik Dis die swart Suidoos Ek wonder of die wind ook by jou waai En waarheen skep die wind jou As hy jou beetkry Kan hy jou verder waai As waar jy is? O Bokkie So is die lewe Een dag nog rustig Die volgende dag benoud O Bokkie So is die lewe Een dag nog rustig Sommer die volgende dag benoud