AWA

Brood

0
0
  • 2010.01.05
  • 4:41
AWAで聴く

歌詞

Vanoggend toe ek opstaan Het die radio gesê Dat die prys van brood moet laag bly Die wêreld moet kos hê Een glas wyn saam met vriende Kan die hart sy vreugde bied Maar daar’s min wat ‘n mens so goed verstaan Soos ‘n hartseer liefdeslied En ek sien jou sit daar by die straatkafee Net jy alleen Die kelner gee sy glimlag Maar die wolke bring weer reën ‘n Stad vol mense om jou Wat haastig heen beweeg Maar vir jou het die wêreld stil gaan staan Jou hart is koud en leeg Ek gee vir jou ‘n brood As jy honger na my kyk Ek gee vir jou my hand as jy ‘n bietjie eensaam lyk Ek gee vir jou ‘n smile As daar ‘n traan oor jou wange loop En ek gee vir jou my woorde Dis my daaglikse brood Vanoggend toe ek opstaan Het die radio voorspel Dat die tyd op aarde min raak Jy moet jou ma-hulle bel Om te lag is medisyne Wat die hart sy voedsel bied Maar daar’s min op hierdie aarde Soos ‘n goeie liefdeslied Ek gee vir jou ‘n brood As jy honger na my kyk Ek gee vir jou my hand as jy ‘n bietjie eensaam lyk Ek gee vir jou ‘n smile As daar ‘n traan oor jou wange loop En ek gee vir jou my woorde Dis my daaglikse brood Vanoggend toe ek opstaan Het die radio voorspel Dat die tyd op aarde min raak Jy moet jou ma-hulle bel En ek sien jou stap daar Tussen die duiwe in die stad Alleen met jou gedagtes En jou hart in jou hemp se sak Dit lyk soos in ‘n movie Net die musiek wat eintlik kort Maar hier is vir jou my woorde Dis my daaglikse brood Ek gee vir jou ‘n brood As jy honger na my kyk Ek gee vir jou my hand as jy ‘n bietjie eensaam lyk Ek gee vir jou ‘n smile As daar ‘n traan oor jou wange loop En ek gee vir jou my woorde Dis my daaglikse brood Vanoggend toe ek opstaan Het die radio voorspel Dat die tyd op aarde min raak Jy moet jou ma-hulle bel Ek gee vir jou ‘n brood As jy honger na my kyk Ek gee vir jou my hand as jy ‘n bietjie eensaam lyk Ek gee vir jou ‘n smile As daar ‘n traan oor jou wange loop En ek gee vir jou my woorde Dis my daaglikse brood Vanoggend toe ek opstaan Het die radio voorspel Dat die tyd op aarde min raak Jy moet jou ma-hulle bel En ek gee vir jou my woorde Dis my daaglikse brood

このページをシェア
Laurika Rauch
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし