AWA

Die Siener

0
0
  • 2010.01.05
  • 4:34
AWAで聴く

歌詞

Dis ’n hele ent vanaf Ottosdal Diep in die hart van die Wes-Transvaal Galop, galop in die skemergloed Oor Lichtenburg hang ‘n lanferdoek Sy lang swart baard is met grys gevlek Hy lyk soos iemand uit die ou testament Oor Lichtenburg hang ‘n groot swaar wolk Wie sal die droom vir die oom vertolk? Kan jy my nog sien, kan jy my nog hoor Oom Koos gaan dalk sy hoed verloor Ontwaak, ontwaak, want die bloedrooi son Hang alreeds bo die horison Hy’t ‘n kaalkop man in ‘n droom gesien Vlae halfstok en die nommer vyftien Hy lyk ontsteld, hy lyk gedaan Die generaal is in groot gevaar Oom Koos is kalm, oom Koos is stil Hy soek na woorde en na God se wil Hy staar na die man met die helm gebore Hy staar na die man met die wilde oë Kan jy my nog sien, kan jy my nog hoor Oom Koos gaan dalk sy hoed verloor Ontwaak, ontwaak, want die bloedrooi son Hang alreeds bo die horison Hoe sê jy vir ‘n vriend, jou dae is getel? Jy groet maar net en jy sê vaarwel Glo vas in die Heer, hou vas jou hoed Oor Lichtenburg hang ‘n lanferdoek Donker dag, donker aand Dag vyftien, Septembermaand ‘n skoot in die nag, ‘n skoot in die kol In die leë straat het ‘n hoed gerol Kan jy my nog sien, kan jy my nog hoor Oom Koos gaan dalk sy hoed verloor Ontwaak, ontwaak, want die bloedrooi son Hang alreeds bo die horison

このページをシェア
Laurika Rauch
の他の曲も聴いてみよう
AWAで他の曲を聴く
はじめての方限定
1か月無料トライアル実施中!
登録なしですぐに聴ける
アプリでもっと快適に音楽を楽しもう
ダウンロード
フル再生
時間制限なし