By my voordeur los die nag die oggendson 't Gooi 'n sagte lig oor die koebaai-traan van die lavender-dou En my hart onthou daai pers en blou is 'n gunsteling van jou So is my tafel gedek, my lief Altyd en steeds vir jou By my agterdeur groet 'n suurlemoengeur 'k Het daai boom geplant op 'n sonskyndag En gewonder wanneer kom die reën Jy was bly soos 'n kind oor daai goudgeelvrug wat die son reflekteer So is my tafel gedek, my lief Altyd en steeds vir jou In die middel van my huis: my hartkombuis Die tafel se elke holte en groef kan van kosbaar tyd getuig Van die verste verdwaal het ons hier ontmoet in liefde suikersoet Want so is my tafel gedek my lief Als van my is eenvoudig lief Altyd en steeds vir jou